Twee tieners, Jeanine Jordaan en Evan Kruger, vertel van hul belewenis tydens 2026 se #Imagine. Nadia Muller, wat as ankeraanbieder vir dié geleentheid opgetree het en Marius Schoombie, een van die leiers, deel ook wat hul by die groep van meer as 700 tieners beleef. Onder die tema Geroep en Gestuur het jongmense ontdek dat hulle nie alleen op hul geloofspad is nie, berig KaapKerk in die VrydagNuus van 10 April. Hierdie video vertel van die heilige kontras tussen die absolute stilte van honderde jong harte in gebed en die passievolle gedruis van stemme wat soos engele weerklink. Van die […]
Play Podcast DIE #IMAGINE-BEWEGING, WAT LAASJAAR DIE TIEN JAAR MERK VERBY GESTEEK HET, SIEN NIE NET ’N GROEI IN GEWILDHEID ONDER TIENERS NIE, MAAR OOK DAT AL HOE MEER VRYWILLIGERS OF SPREKERS JONGMENSE IS WAT OP EEN OF MEER VAN HIERDIE INTERKERKLIKE NETWERK SE EERSTE KAMPE WAS. “Dis wonderlik om te sien hoe een generasie #imagineers ’n volgende generasie oprig en dien!” So vertel ds Anriëtte de Ridder, een van die stigterslede van hierdie beweging wat sedert 2014 mense uit verskillende kerke verenig om jongmense te help om ’n beter toekoms vir hulleself en vir Suid-Afrika te verbeel. Hierdie […]
Play Podcast Dié jeugkampe gee hoop Tien jaar. Dit is hoe lank die #imagine-jeugkampbeweging sowel as die Pelgrimstog van Hoop aan die gang is – twee tipe buitelugervarings wat vanuit die kerk ontstaan het om nuwe bedieningsruimtes te skep. Meer as 2 000 tieners uit sowat 212 dorpe van regoor die land en selfs uit Namibië, het vanjaar se #imagine-kampe tussen 21 en 23 Maart bygewoon. Ds Anriëtte de Ridder, een van hierdie inisiatief se stigterslede, het Kerkbode Kollig vertel vir baie van die kinders is hierdie hulle eerste kampervaring ooit. Daarom is sy so dankbaar vir gemeentes en […]
Tien jaar gelede het die #imagine-beweging hulle ontstaan gevind met inspirasie uit Efesiërs 3:20: “Now to Him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to His power that is at work within us.” Van 21 – 23 Maart het 2170 jongmense van 121 dorpe en 371 verskillende kerke vir #imagine2024 in Bredasdorp in die Wes-Kaap en Bothaville in die Vrystaat bymekaar gekom. Hulle is vergesel deur 196 vrywilligers en 228 groepleiers. In Bredasdorp het die kwik vroegdag al oor die 30ºC geklim, maar dit het nie die entoesiasme van die spul jongmense gedemp […]
“Sing en dans vir die Here!” “Peppermint roomys!” “Werkswinkels” “Nuwe vriende maak” “…dat ek nie moet worry oor ander se opinie van my nie, dat God saam met my is op my journey …” Dit is van die hoogtepunte wat tieners in ’n kort video uitlig oor die 2023 #imagine-jeugfeeste. “Wild en lekker!” “Gelooflik!” “Soveel mooi stories …” Só som drie moeë maar blye predikante die verloop van 2023 se #imagine-feeste op tydens ons Zoom-gesprek net ’n dag of twee na hierdie unieke kampervaring saam met meer as 2 000 jongmense (13-18 jaar) vanuit 132 dorpe oor die naweek van […]
